SOOS die meeste venues is die KKNK se Kuierbuurt ook maklik begaanbaar vir rolstoele, sê Rinette van Rensburg, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die KKNK.
Besoekers wat hulp met toegang benodig, kan die fees se Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) vooraf by 044 203 8656 of 061 249 0180 kontak.
By die Queen’s Mall op Oudtshoorn is daar ook verskeie parkeerplekke vir gestremdes wat baie streng deur sekuriteitspersoneel beheer word met die wiele van ongemagtigde voertuie wat daar parkeer, wat geklamp word.