Die Kammanassiedam vanuit die lug, vasgevang deur Morné Jonker tydens een van sy vlugte oor die Klein Karoo. Jonker sweef gereeld met sy mikroligvliegtuig en deel van sy asemrowende lugfoto’s met Die Hoorn. Vanuit die lug bied die dam, omliggende berge en uitgestrekte Karoo-landskap ’n besonderse uitsig wat die unieke skoonheid wat die gebied opnuut beklemtoon. Natuurlik is dit ook lovergroen na die afgelope tyd se reën wat in die area geval het, en damme vol gemaak het.
Foto: Morné Jonker
Be the first to comment on "Foto van die Week: 24 Julie 2026"