Boetevrye Biblioteekweek

OUDTSHOORN vier dié week – van 18 tot 23 Maart – Biblioteekweek by al die dorp se biblioteke. Dit is terselfdertyd ook ’n boetevrye week.

Die week word gehou om gebruikers aan te moedig om boeke terug te bring wat al lank uitstaande is.

Boetes sal uitgewis word en geen vrae sal gevra word nie.

Beskadigde en verlore boeke sal egter steeds betaal moet word.

• Die CJ Langenhoven Gedenkbiblioteek sal vir die duur van die fees om 17:00 sluit.