’n Aand van glans en betowering

Die maskers wag en Oudtshoorn maak gereed vir ’n elegante aand van fynproewerskos, musiek en dans wanneer die Oudtshoorn Vaardigheidskool Maskerbal volgende week, op Vrydag 18 September, aangebied word.

Die Oudtshoorn Vaardigheidskool bied dié besondere geleentheid in samewerking met Die Hoorn, Jakhals Events en Castle Light aan. Gaste kan uitsien na ’n stylvolle driegangete en ’n feestelike atmosfeer waarin die alledaagse vir een aand agter maskers, liggies en musiek verdwyn.

Die aand bied ook aan plaaslike ondernemings die perfekte geleentheid om hul personeel, kliënte of sakevennote te bederf.

Besighede kan ’n volledige tafel vir agt persone teen slegs R2 000 bespreek—net R500 per paartjie of R300 per persoon vir ’n elegante aand uit.

Ondernemings wat nie self die geleentheid kan bywoon nie, kan ook ’n tafel teen R2 000 borg. Só kan ’n groep persone wat andersins nie die bal sou kon bywoon nie, die geleent-heid kry om aan dié besondere aand deel te hê.

Met plekke wat beperk is, word besighede aangemoedig om hul tafels so gou moontlik te bespreek.

Bespreek of borg ’n tafel:
Oudtshoorn Vaardigheidskool
• Kantoor: 044 272 6054
• Selfoon: 084 728 1083
• E-pos: oudvskool@gmail.com

Die Hoorn
• Kantoor: 044 272 5605
• Angelique Erasmus: 076 606 2554
• E-pos: redaksie@hoorn.co.za

Kom vier ’n aand van glans, goeie geselskap en onvergeetlike dans, want soms het ’n mens net ’n masker, mooi musiek en die regte dansmaat nodig om weer ’n bietjie betowering te beleef.