DIE JOU EIE! Sentrum in Parkweg, Oudtshoorn, vier op 31 Oktober sy tweede verjaardag, met twee opwindende toevoegings tot sy winkelaanbod: Pixcel, wat op selfoonbykomstighede fokus, en Male Ego, wat in mansversorging spesialiseer.
Die sentrum is deur Klein Karoo Agri ontwikkel en het op 31 Oktober 2024 amptelik sy deure geopen. Sedertdien bring dit ’n verskeidenheid winkels en dienste op een perseel bymekaar om inkopies vir inwoners en besoekers gerieflik te maak.
Met onder meer ’n Superspar, Clicks met ’n apteek, ABSA, Vida e Caffè en KFC kan besoekers hul daaglikse inkopies en ander take met ’n koffie- of eetbreek kombineer.
Die toevoeging van Pixcell en Male Ego gee klante nóg redes om by die sentrum in te loer — of dit nou vir kruideniersware, selfoonbykomstighede of ’n haarsny is.
Kliënte kan ook by die motorhandelaar Suzuki inloer of die spoggerige vertoonlokaal vir Case-trekkers en landbou-implemente besoek.
Klein Karoo Agri se winkel is ook vergroot en bied, benewens landboubenodigdhede, ’n uitgebreide reeks produkte vir die hele huis — van beddens en wasmasjiene tot allerlei huishoudelike items. Só word daar in sowel boere as huishoudings se behoeftes voorsien.
Die vulstasie het ook onlangs ’n nuwe baadjie gekry met die kenmerkende oranje en pers kleure van Astron Energy.
Saam met die bestaande ondernemings op die perseel bied dié winkels en die vulstasie ’n gerieflike eenstop-inkopie-ervaring.
Met sy tweede verjaardag vier JOU EIE! Sentrum ook ’n groeiende aanbod wat inkopies vir die huis, persoonlike versorging en benodigdhede vir die plaas op een plek byeenbring. (ANGELIQUE ERASMUS)

Be the first to comment on "JOU EIE! Sentrum vier 2de verjaardag"