Die skilderagtige St Judes-kerkie in Oudtshoorn. Foto Verskaf
EEN van Oudtshoorn se pragtige klipkerkies, die St Judes Anglikaanse kerk in Baron van Reedestraat, is Sondag en Maandag die venue waar Paul Eilers voorlesings gaan doen uit die boek, Hekelwoorde van my hart, die Oudtshoorniet Tania Smit se eerste boek wat landwyd baie goed verkoop.
Hierdie is ’n moet-sien-produksie deur talentvolle Oudtshoorniete.
Eilers, wat op Oudtshoorn woon, word bygestaan deur die plaaslike oogkundige en saksofoonspeler Jaco Kriek, terwyl die 18-jarige Julia de Beer met haar unieke sangstem gaan bydra om die regte atmosfeer te skep.
Die produksie getitel Karoolinge gehekel in Woord en Klank is Sondag (24 Maart) om 11:30 en Maandag (25 Maart) om 20:00 op die planke. R110 per persoon. Kaartjies by Computicket.

Jaco Kriek Foto verskaf

Paul Eilers Foto: Die Hoorn

Tania Smit Foto verskaf

Julia de Beer Foto verskaf