Jack wen gesogte kaartjie na Klassieke Klein Karoo Kersfees!

DIE wenner van die dub­bel­kaartjie in verlede week se kompetisie oor Klas­sieke Klein Karoo Kersfees op 8 Desember, is Jack Swart van Oudts­hoorn. Sy naam is in ’n gelukkige trekking uit al die korrekte antwoorde getrek. Die antwoord op vraag 1 was: Klein Karoo Klassieke Kersfees, en die antwoord op vraag 2: PostNet Oudtshoorn. Baie geluk, Jack!

Kom koop en bespreek gerus jou kaartjies so gou moontlik vir dié fantastiese konsert en ondersteun so ’n fantastiese plaaslike inisiatief.