Die Grotte van toeka tot nou

Die Kango-grotte, oftewel die natuur se ondergrondse wonderwêreld, soos een outeur dit noem, is in 1780 deur ’n vee-oppasser ontdek en het sedertdien van die bekendste grotte in die wêreld geword. In 1938 is die grotte, wat sowat 27 km buite Oudtshoorn geleë is, tot nasionale historiese monument verklaar, en sedertdien stroom mense van heinde en verre onophoudelik na die grotte om die natuurwonder te besigtig. Slegs in Oktober hierdie jaar, het die grotte ’n ongeloofl ike getal van 29 331 besoekers ontvang waarvan net minder as 16 000 buitelandse toeriste was. Die grotte bestaan uit ’n reeks kamers met asemrowende formasies wat stalaktiete (afwaarts), stalagmiete (opwaarts), heliktiete (in meer as een rigting), vloeisteen en drupsteen insluit.

Eerste besoeke

Kort na die ontdekking van die grotte is die eerste besoeke reeds aangeteken. Aan die begin is toegangsbeheer nie juis toegepas nie en vir die eerste paar jaar nadat die grotte ontdek is, het besoekers vrye toegang gehad. Een van vroeë besoeke is in 1806 aangeteken, maar omdat die veldkornette wat oor die grotte moes toesig hou tot ses uur te perd van die grotte af gewoon het, is mense maar toegelaat om te kom en te gaan soos hulle wou. Die veldDie stewige ysterhek wat in 1890 ingebou is, is steeds in gebruik. kornette was veronderstel om die name in ’n besoekersboek te skryf, maar omdat hulle die toegangsgeld wat hulle gehef het vir hulself kon hou, was dit vir hulle voordelig om nie te goed boek te hou nie.

Pad na die grotte

Vandag ry ’n mens met ’n teerpad tot by die moderne gebou by die ingang na die grotte. Toentertyd was die grondpad daarheen maar sleg en omdat die staat nie fi nansieel baat gevind het by die grotte nie, wou hulle nie die pad verbeter nie. Daardie dae is nog met kar en perde en ossewaens na die grotte gery en dit was so ’n gewilde uitstappie dat ’n amptelike gratis kampplek buite die bek van die grotte gemaak is – tot nadeel van die grondeienaar op wie se grond die ingang na die grotte geleë was en wie se weiding opgevreet of vertrap is! Mense van oral het na die grotte gestroom – veral toe die Swartbergpas in 1888 voltooi is en dit net 48 uur geneem het om die grotte vanaf Kaapstad te bereik! Toe die spoorlyn na Oudtshoorn in 1902 voltooi is, kon nog meer mense die ondergrondse wonderwêreld besoek. In 1820 is die eerste riglyne neergelê vir die beskerming van die grotte as nasionale bate en is deur Lord Charles Somerset, Britse Goewerneur aan die Kaap, besoek. In 1890 is die hek by die ingang geïnstalleer en die stewige hek wat 20 pond gekos het, is vandag nog in gebruik.