Oudtshoorn kan met reg trots wees op sy jong mense wat aanhou wys dat harde werk en deursettingsvermoë vrugte afwerp. In die Bridgton-gemeenskap, bekend vir sy sterk samehorigheid en ondersteuning, word nog ’n jong ster gevier wat die naam van die dorp hoog hou. Rufagon Hendricks is deel van die SA o. 18-rugbyspan
Hierdie prestasie dien as inspirasie vir elke jong “laaitie” daar buite – ’n herinnering dat drome wel bereik kan word. Sukses kom nie oornag nie; dit verg opoffering, toewyding en die geloof dat alles moontlik is. Die gemeenskap van Bridgton staan bekend daarvoor dat hulle hul jong mense aanmoedig om groot te droom en nooit moed op te gee nie.
’n Spesiale gelukwensing gaan aan Berty en die Hendricks-familie met hul seun se prestasie. Julle het alle rede om trots te wees. Die ondersteuning en waardes wat by die huis gevestig word, speel ’n groot rol in die ontwikkeling van jong talent. Hierdie prestasie is nie net die kind s’n nie, maar ook dié van ’n familie en ’n gemeenskap wat saamstaan.
Vir baie jongmense in Oudtshoorn is hierdie ’n boodskap van hoop: glo in jouself, werk hard en hou vas aan jou drome. Deursettingsvermoë is iets wat elkeen besit, en met die regte ingesteldheid kan groot dinge bereik word.
Oudtshoorn bly ’n plek waar talent groei en waar gemeenskappe saamstaan om hul jeug te ondersteun. Hierdie prestasie is nog ’n bewys dat die toekoms blink is vir die dorp se volgende geslag.
Rufagon wys die pad na sukses
Foto verskaf.
Be the first to comment on "Rufagon wys die pad na sukses"