Oudtshoorn RFC sit vir Harlequins ore aan

Foto’s verskaf.

Opwindende dag rugby het op Oudtshoorn se tuisveld afgespeel, waar ondersteuners in groot getalle opgedaag het om hul spanne luidkeels aan te moedig.

Die gees op en langs die veld was tasbaar, met elke wedstryd wat spanning, deursettingsvermoë en uitste-kende spel gelewer het.
Die dag het begin met die C-span wat ’n indrukwekkende oorwinning van 27–14 behaal het.

Die span het deurgaans beheer geneem en met vasberadenheid gespeel om hul teenstanders onder druk te hou. Daarna het die B-span in ’n harde en mededingende wedstryd gespeel wat uiteindelik op ’n gelykopuitslag van 15–15 geëindig het.

Beide spanne het tot die laaste fluitjie geveg, wat die wedstryd ’n ware toets van karakter gemaak het.

Die hoogtepunt van die dag was die A-span se naelbyt-oorwinning van 46–43. In ’n wedstryd vol aksie en momentumverskuiwings het Oudtshoorn se spelers hul veggees gewys en tot die einde toe deurgedruk om die oorwinning te verseker. Dit was ’n vertoning wat die skare op hul voete gehad het.

Ondersteuners se bydrae het nie ongesiens verbygegaan nie, aangesien hul aanmoediging ’n groot rol gespeel het in die spanne se prestasies.

Oudtshoorn is tot dusver onoorwonne in die Challengers Cup.

Met twee oorwinnings en ’n gelykopuitslag kan Oudtshoorn trots wees op hul vertonings.

Die fokus skuif nou na hul volgende wedstryd op 1 Augustus teen Jaguars RFC in Plettenbergbaai, waar hulle sal mik om hul goeie vorm voort te sit. (GRANWILLE GOLIATH)

Be the first to comment on "Oudtshoorn RFC sit vir Harlequins ore aan"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*