Bellinganhof se oudste inwoner vier 101 jaar

Die personeel van Helen Bellinghanhof Aftree-oord het Dinsdag 1 Julie gesorg dat hul oudste inwoner, Anna Plaatjies (101), ordentlik bederf word.

Sy is op 1 Julie 1924 in die Boland gebore en het sowat 20 jaar gelede Vlakteplaas buite De Rust toe getrek. Sover vasgestel kon word het sy vyf kinders. Sy is reeds die afgelope 9 jaar ʼn inwoner van Bellinganhof.

Die personeel van Checkers by Klein Karoo Markt, het Anna Dinsdag met kolwyntjies en balonne verras en haar verjaarsdag saam met haar en die inwoners gevier. Verlede jaar het Bellinganhof feesgevier met haar 100ste verjaarsdag. (HANNES VISSER)