Kollig op kuns en karre by Protea Hotel Riempie Estate

Marsha Wagenaar (voor) van die Laerskool Van Reede was die wenner van die Protea Hotel Riempie Estate op Oudtshoorn se “Me and My Ride”-kunskompetisie waarvan die wenners Vrydag, 8 Februarie, by die hotel aangekondig is. Saam met Marsha is van links Phillip Jaftha, WKOD-vakadviseur: skeppende kunste, Colan Sylvester, burgemeester van die Groter Oudts­hoorn, Arthur Gillis, hoof- uitvoerende beampte van Platinum Hospitality Holdings, en Susanne en Barend Smit, eienaars van die Riempie Protea Hotel.

Barend en Susanne Smit van die Protea Hotel Riempie Estate saam met Andy Piedt van Bergsig Primêr wat die tweede prys gewen het.

Barend en Susanne Smit saam met Fernando van Niekerk van Saturnus Primêr wat die derde prys gewen het.

Lof vir leerders se talent

DIE groep veteraanmotoreienaars wat onder leiding van die sakeman Arthur Gillis betrokke was by die “Me and My Ride”-skolekunswedstryd op Oudtshoorn was baie beïndruk met die talent van die leerders wat deelgeneem het.

Die kompetisie is deur die Protea Hotel Riempie Estate op Oudtshoorn in samewerking met die Oudtshoorn munisipaliteit aangebied.

Al die wenners, bestaande uit graad 5, 6 en 7 leerders van deelnemende laerskole van die Groter Oudtshoorn, se werke is Vrydag (8 Februarie) by die Riempie uitgestal waar die algehele wenners aangekondig is.

Die uitstalling het saamgeval met ’n besoek van ’n groep veteraanmotoreienaars wat die aand van Donderdag, 7 Februarie, by die Riempie oornag het onderweg na die George Oumotorskou. Hulle het die oggend die prysuitdeling van die kompetisie by die hotel bygewoon.

“Dit was vir ons almal ’n eer en ’n voorreg om deel te wees van die prysuitdeling van ’n kompetisie wat so goed georganiseer was.”

Gillis was vol lof vir Barend Smit, eienaar van die Protea Hotel Riempie Estate, en sy span.
Colan Sylvester, burgemeester van die Groter Oudtshoorn, het tydens die prysuitdeling vir Smit gelukgewens met sy inisitief om ’n kunswedstryd aan te bied. “Dit is goeie blootstelling vir die leerders en sal hulle aanmoedig om hul kunstalente te ontwikkel,” het hy gesê.

Hy het ook verwys na die beoogde stigting van ’n kunsakademie op Oudtshoorn en die moontlike toekomstige betrokkenheid van die akademie by die Riempie se kunswedstryd.

Die Oudtshoorn munisipaliteit het ’n bydrae ge-le­wer tot die pryse van die finaliste.

Smit het Gillis en sy oumotorgroep asook die munisipalteit bedank vir hul ondersteuning van die kunswedstryd. “Die leerders se kunswerke is die Donderdagaand onder die lede van die motorgroep opgeveil, en danksy die goeie pryse wat die werke gehaal het, altesame R22000, het al die deelnemende leerders groter pryse ontvang. “Die wenners van die onderskeie skole, wat elkeen R300 sou ontvang, het danksy die veiling elkeen R800 ontvang. Die wenner het R2800 pleks van R2300 ontvang, die naaswenner R1800 pleks van R1300 en die derde plek R1300 pleks van R800.”

Smit het gesê dit was vir hom ’n verrykende ervaring om die kunswedstryd aan te bied en hy be-oog om dit ’n jaarlikste instelling te maak.

Die motorgroep tref reëlings voordat hulle na die George Oumotorskou vertrek.

Die wenners van die hotel se kunswedstryd met hul sertifikate. Elkeen het ook ’n kospakkie en T-hemp gekry.

Oudtshoorn a caring and kind community

“Oudtshoornites are a caring and kind community.” This is the way Arthur Gillis, Chief Executive Officer of Platinum Holdings and previous Managing Director of Protea Hotels, remembers his hometown of Oudtshoorn.

Gillis visited Oudtshoorn with a group of old car enthusiasts.

They stayed at the Riempie Protea Hotel where they were involved with the hotel’s school art competition.

Gillis was born in Oudtshoorn and attended the Van Rheede Primary School and then the Oudts-hoorn High School. He still has until today contact with many of his old friends.

He says while at school he played hockey for the SWD. “I also swam, did Judo and played chess.”
Gillis is the son of Harry en Daphne Gillis.

He describes his father as a “serial entrepreneur”. His mother was a teacher. He says his parents still own a block of flats and some shops in Oudtshoorn.

Gillis says he started working at the Riempie Hotel since he was in standard eight. “This set off a love for the hospitality industry that remains until today,” he said.