Die lente is uiteindelik hier! Tesame met die weer wat stelselmatig warmer word, blom die Bougain-villea’s in die Klein Karoo met skouspelagtige kleure. As jy dit oorweeg om ’n Bougainvillea in jou tuin te plant, maak seker dat jy genoeg spasie laat sodat dit kan versprei en groei. Hierdie foto is geneem oorkant die Cango Wildlife Ranch op die Kango-grottepad. Vele toeriste en verbygangers hou eers hier stil om die pragtige Bougainvillea-waterval te besigtig. Foto: Luhan van Wyk