
Oudtshoorn Spar en Die Hoorn span saam vir ’n nuwe leserskompetisie vanaf volgende week!
MAAK seker jy koop Die Hoorn volgende week vir die inskryfvorm en eerste vraag in ’n nuwe leserskompetisie waarin lesers R1 500 se produkte van Oudtshoorn Spar kan wen!
En watter beter kuur is daar vir die winterkoue en die stywe ekonomiese omstandighede as so ’n lekker prys!
Die kompetisie loop oor die volgende drie weke (28 Junie, 5 en 12 Julie). In elkeen van die drie uitgawes sal ’n vraag verskyn, wat op die inskryfvorm ingevul en na afloop van die kompetisie by Die Hoorn of Oudtshoorn Spar ingegee word.