■ Rebelle het Riebeek-Kasteel aangeval. Nou word die buitewyke van die N2 tussen Knysna en Plettenbergbaai aangeval.
■ Dankie Niekie Eksteen vir die pragtige foto van 14 Junie van die vetplante in ons omgewing. Baie dankie aan ons Skepper vir ons mooi natuurskoon. Christie

An Oudtshoorn sunset! Photo was taken on Wednesday, 30 May 2018 at around 17:30 in Long Street, off Adelaide Street. Carl Havemann with a Samsung cellphone.
■ Die munisipale senior stadsbeplanner, mnr Eastes, het bevestig dat jy skriftelike munisipale goedkeuring nodig het om van een tot vier kamers te verhuur en jou erf moet hersoneer vanaf vyf kamers en meer, ongeag wat jy jou fasiliteit noem, ook al vertoon jy nie ’n naam nie en al het het jou fasiliteit geen naam nie. Indien jy kamers verhuur (ook slegs een) sonder skriftelike munisipale goedkeuring en jy adverteer op ’n Internetblad wat vereis dat jy binne die wette bly, pleeg jy dus bedrog. (Baie dankie vir die sms. Die munisipaliteit het nie op Die Hoorn se navraag oor die betrokke voorskrifte – gerig op 11 Junie – gereageer nie. – Redakteur)
■ Jy pleeg bedrog as jy sterre vertoon terwyl jy nie (meer) lid is van die Tourism Grading Council nie.
■ Twee voetgangers – altwee vriendelike mense wat gegroet het – het die week reg voor my voertuig op Oudtshoorn ingeloop terwyl die verkeerslig vir my groen en vir hulle rooi was.

Die mooi sondergang is Sondagaand vanaf Melkbossingel op Oudtshoorn – God se skildery! Anita Schoeman