JAMES BHENGHEE, operasanger en wenner van SA Got Talent in 2010, tree Saterdag in die Oudtshoorn Burgersentrum op in ’n konsert wat deel uitmaak van die Oudtshoorn UCC-kerk se Evening of Culture. Die konsert is ook die begin van die kerk se 180ste bestaansjaarvieringe vir 2018.
Oudtshoorn se bekende pianis John Theodore en die Kambro Diggers sal ook optree, terwyl die gehoor ook getrakteer sal word op baldanse, fluit-, kitaar- en vioolspel.
Kaartjies kos R100 per persoon en sluit ’n vingerete in wat 17:00 begin. Die program begin 18:00. Navrae: Henry Booysen (H&R Stationary, 083 423 8698) en James Cupido (079 606 6185).