DIE Phelophepa Gesondheidstrein is nog tot 8 September op Oudtshoorn en elke weeksdag op die Treinstasie oop vir die publiek. Die meeste dienste is gratis of kos ’n minimale bedrag
“Dit gaan nie oor geld maak nie,” sê Patrick Kgaphola, ’n apteker en waarnemende bestuurder van die trein. “Ons is hier om mense te help.”
Die trein spog met ’n oogkliniek, tandekliniek, sielkundige afdeling, ’n kanker- en diabetes-afdeling en noodgevaleenheid.