DIE Oudtshoorn Posduifklub het hul vlugte verlede naweek gevlieg vanaf Marydale, Noord-Kaap.
Die afstand wat die duiwe gevlieg het is ongeveer 460 km. A.M.J Lofts se wenduif het ingekom met ’n tyd van 11: 54: 52.
MJ Pienaar het weereens koning gekraai in die junior afdeling en met die beker weggestap. Sy duif het in die tweede plek ingekom met ’n tyd van 12: 14: 30.
Die wedvlug is geborg deur Rainbow Motors.
Wedvlug 13-uitslae: Klein Karoo Lofts – 1, 9, 10, 18, 19, 22 en 25; Night Drop Racers – 2, 4, 12, 14 en 30; Dirk Greeff Lofts – 5 en 28; Hannes Smit – 3, 16 en 17; A.M.J Lofts – 6, 7, 8, 11 en 23; Thelma’s lofts – 13, 24, 26 en 27; MJ Pienaar – 15, 20 en 21; Ockie Olivier @ Abi – 29.
Wedvlug 14-uitslae: A.M.J. Lofts – 1, 5, 7, 14, 16 en 28; MJ Pienaar – 2, 6, 10 en 30; Hannes Smit – 3 en 17; Klein Karoo Lofts – 4, 9, 12, 15, 25 en 26; Dirk Greeff Lofts – 8, 18 en 24; Ockie Olivier @ Abi – 11; Thelma’s Lofts – 13; Night Drop Racers – 19, 20, 21, 22, 23 en 29. (Deur Lindi Brill)
Duiwe laat die vere sing
Bo is MJ Pienaar met die trofee wat hy gewen het in die junior afdeling. Foto: Verskaf