KOBUS Marais van Outeniqua Harriers, George, het Saterdag die 348ste Oudtshoorn Parkrun met ’n vinnige tyd van 19 minute 41 sekondes gewen.
Gerhard van Jaarsveld was tweede en Yaron Venter was in die derde plek. Zack Botha (17) was die eerste junior en Sandra Kitshoff van die Cape Multisport Club die vrouewenner.
Die tye van die voorste twintig drawwers van Saterdag se 37 deelnemers was Kobus Marais (19:41), Gerhard van Jaarsveld (21:08), Yaron Venter (21:13), Zack Botha (22:33), Reinard van Jaarsveld (24:41).
Jacques Jacobs (25:36), Sandra Kitshoff (25:46), Lihan van Jaarsveld (26:01), Christo Jacques Theart (27:28), Johan Botha (27:35), Fanie Olivier (27:44), Nadia Olivier (29:13), Nico Myburgh (29:17), Maurizo Cardoni (30:33), Jacques van der Walt (36:43), Sylvia le Roux (37:06), Daniel Raubenheimer (37:15), Adri Raubenheimer (37:17) en Delia Niemand (37:19). (Deur Garnett Wicomb)
Kobus Marais wen 348ste Oudtshoorn Parkrun
