Die Suid-Afrikaanse Veerpyltjie Kampioenskappe het 10 – 14 Julie in Durban plaasgevind.
Annelize Nel en Cecerah Toua het ’n silwer medalje vir die Oudtshoorn Veerpyltjie Assosiasie in die dubbel-vroueafdeling verower.
Nel en Toua het teen al die distrikassosiasies van al die provinsies in ’n uitklopformaat in die finale geëindig.
Hulle het teen ’n ma-en dogter span van Durban meegeding wat die afgelope drie jaar die kam- pioenskappe gewen het.
Dis die eerste keer in die geskiedenis dat ’n vrouespan van Oudtshoorn ’n sliwer medalje in die dubbels-afdeling wen. (Deur Lindi Brill)
Oudtshoorn wen silwer
Van links is Annelize Nel en Cecerah Toua wat die silwer medalje by die Suid-Afrikaanse Veerpyltjie Kampioenskappe gewen het. Foto: Verskaf