APD mik na 100 spelers vir vanjaar se Gholfdag

Daar is beslis iets om voor te speel tydens APD Oudtshoorn se Gholfdag op 31 Oktober. Die eerste prys sluit dié gholfsakke, ter waarde van R6 000, in. Foto verskaf

Van slegs 14 spelers in 2024 tot ’n mikpunt van 100 vanjaar – die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) se jaarlikse Gholfdag groei vinnig en beloof om vanjaar weer ’n belangrike fondsinsamelingsprojek vir die organisasie te wees.

APD Oudtshoorn, in samewerking met Daisy Business Solutions, bied die Gholfdag op Saterdag, 31 Oktober, by die Oudtshoorn Gholfbaan aan.

Die projek het in 2024 met net 14 spelers begin, waarna deelname in 2025 tot 64 spelers gegroei het. Vanjaar hoop die organiseerders om dié syfer verder op te stoot en 100 spelers op die baan te verwelkom.

Hoe meer spelers deelneem, hoe meer fondse kan deur APD teruggeploeg word in die orga-nisasie se werk, insluitend bewusmaking en programme wat persone met gestremdhede ondersteun.

Daar is boonop heelwat om voor te speel. Die eerste prys sluit gholfsakke ter waarde van R6 000 in. Die dag begin om 11:00 met ’n shotgun start en word in BB-formaat gespeel. Die inskrywingsfooi is R400.

APD Oudtshoorn doen ’n beroep op gholfspelers en die gemeenskap om die fondsinsamelingsprojek te onder-steun en sodoende ook die organisasie se werk in Oudtshoorn te help versterk.

Vir meer inligting kan APD se Rashieda Booysen by 044 272 2106 of die Oudtshoorn Gholfbaan by 044 272 4201 gekontak word.

Be the first to comment on "APD mik na 100 spelers vir vanjaar se Gholfdag"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*