Foto van die Week: 9 Oktober 2026

Nie Namakwaland nie, maar ons eie Klein-Karoo! Net 20 minute buite Oudtshoorn lê ’n goudgeel blommetapyt langs die grondpad, met die berge as agtergrond — ’n bewys dat selfs onkruid mooi kan lyk. Pieter van der Walt, tennisafrigter van Totally Tennis, het dié pragtige toneel vasgevang. Die plant lyk moontlik na stinkkruid, wat klein, geel blomhoofies, fyn verdeelde blare en ’n sterk reuk het. Kan jy help om dit te identifiseer? Stuur ’n e-pos na redaksie@hoorn.co.za. Foto: Pieter van der Walt

Be the first to comment on "Foto van die Week: 9 Oktober 2026"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*