Webify bou jou droom-webtuiste!

Webify24.com is ’n plaaslike webtuiste-ontwerp-firma wat spesialiseer in die bou van webtuistes wat beide diens- en aanlynwinkel-webtuistes insluit. Hulle dienste sluit ook Facebook-blad/groep bestuur en bemarking, asook Google-advertensies in.

Die eienaar, Dawie Theron, het met Die Hoorn gesels oor sy besigheid en die dienste wat hulle lewer.

“Ek het so sewe jaar gelede my eie Shopify-winkel begin en gegroei tot omtrent 4 500 produkte. Ek het gou besef dat Shopify nie goedkoop is nie en begin soek na ’n alternatief. Ek het toe WordPress ontdek en begin leer hoe om dit te gebruik.”

“Alhoewel dit baie meer kompleks is as Shopify, is dit aansienlik goedkoper om ’n aanlyn-winkel daar te hê.”

“Ek het die bou- proses so baie geniet, dat ek besluit het om my besigheid te verkoop en om ’n webtuiste ontwerpbesigheid te begin.”

“Nou bou en onderhou ons webtuistes, wat alles insluit, teen ’n lae maandelikse fooi.”

“Dit laat veral kleiner besighede toe om ’n aanlyn teen- woordigheid te hê. Sonder ’n webtuiste in ’n digitale era gaan enige besigheid sukkel en ons glo ons pryse is kompeterend genoeg om beskostigbaar te wees selfs vir die kleinste van besighede.”

Die lae maandelikse fooi sluit onder andere in: die bou van die webtuiste, “hosting”, professionele e-pos- adresse, onderhoud en meer.

Webify24.com het groot name as hulle kliënte: Karusa Vineyard, Oudtshoorn Oogkundiges, Biologique.co.za, News62, Outeniqua Family Market, Global Solar Systems, Soetdoring Akkomodasie, 21 on Klein Karoo en hulle werk ook saam met ander webtuiste-ontwerpers om vir hulle kliënte webtuistes te bou. En daar het hulle vir selfs groter besighede webtuistes gebou, maar hulle dienste strek verder as net webtuistes bou.

Hulle bestuur ook verskillende Facebook blaaie, onder andere dié van Spar Oudtshoorn en Pick n Pay Oudtshoorn.

Hulle stel op en bestuur ook Facebook advertensies vir kliënte soos Badenhorst Slaghuis.

Kontak gerus vir Dawie by 084 499 8148 of per e-pos: info@webify24.com. Vir meer inligting rondom pryse en besonderhede, besoek hulle webtuiste by www.webify24.com.