Splinternuwe opwindende veranderinge by Supa Quick

Die bekwame Supa Quick-span. Foto verskaf

Daar is opwindende nuwe verandering by Supa Quick op Oudtshoorn wat klante se besoek soveel meer aangenaam maak.

Daar is ’n nuwe koffiestasie met die heerlikste koffie, ’n gemaklike wagarea terwyl jy vir jou motor wag asook ’n speelhoekie vir die kleingoed. Wanneer die kwik in die Klein Karoo in die rooi inskiet, is daar ook heerlike yskoue lafenis vir die keel.

Afgesien van die nuwe voorkoms bied Supa Quick baie meer as net bande vir alle motorfabrikate. Laurie Boshoff en sy vriendelike ervare span sorg dat elke kliënt kommervrye kilometers op die pad kry.

Supa Quick is die motoris se eenstop motordokter om te sorg dat die voertuig se battery klopdisselboom is, dat die uitlaatstelsel ongeskonde is, die skokbrekers nog hul werk verrig en skoon ruite jou uitsig verhelder.

Jou motor kry selfs ’n pamperlangsessie by hul karwasafdeling. By Supa Quick word nie net deeglik gewerk nie, maar dit word in ’n goeie gees gedoen.

Hulle het onlangs ander besighede se uitdaging aanvaar en vir groot vermaak gesorg met hulle weergawe van die Hop-hop-spinnekop-dans.

Gaan maak ’n draai by Supa Quick by Voortrekkerweg 36, Oudtshoorn en vergewis jouself van die puik kwaliteit en diens. Besoek ook hul Facebookblad vir spesiale aanbiedinge of om die dansuitdaging te aanvaar.

Maak vandag nog kontak by 044 272 8941.