Watson & Brink dien gemeenskap reeds 140 jaar

Bo: Die Watson & Brink-uitstalling in die CP Nel-museum. Onder: Watson & Brink se drie vennote van links is: Theron Mentz, De Wet Scheepers en Lou-rens Theron. Foto’s: Hannes Visser

Wat is die kernbeginsels wat ’n apteek soos Watson & Brink na 140 jaar steeds laat groei en die pas in aptekersdienste aangee? Die antwoord is natuurlik volgehoue puik diens, betroubaarheid en betrokkenheid by die gemeenskap.

Sedert Watson & Brink Apteek in 1883 as Lennon’s apteek oopgemaak het, het die wêreld drasties verander.

Mediese dienste en medisyne het verander en die eienaarskap het verander, maar die basiese beginsel van diens aan die gemeenskap bly steeds die sleutel van die apteek wat ook die Queens Apteek by die Queen’s Mall insluit.

Die naam van die apteek is in 1941 ver-ander na Watson’s Apteek, wat die nuwe eienaar se van was.

Twintig jaar later het meneer Watson ’n vennoot bygekry en die naam is na Watson & Brink verander. Watson en Brink het onderskeidelik in 1980 en 1990 afgetree, maar die naam het onveranderd gebly.

Die vennote van Watson & Brink Apteek en die Queens Apteek wat in 1997 bygevoeg is, is Lourens Theron, Theron Mentz en De Wet Scheepers. Volgens Theron Mentz is die twee apteke eerstens gemeenskapsapteke. Dit beteken dat ondersteuning na beide kante werk.

“Ons bedien van ons kliënte al vir 4 of 5 generasies. Ons eienaars bly in Oudts-hoorn, ons ondersteun plaaslik en ons geld gaan nie dorp uit nie. Ons kliënte ken ons en ons ken hulle.”

Dit is ook algemene kennis dat die twee apteke jaarliks duisende bewillig om skole, sport- instansies en organisasies te ondersteun.

Oor hulle jarelange diens sê die vennote: “Jare se persoonlike diens aan ons gemeenskap is belangrik. Mens verander nie jou apteker, tandarts of dokter soos jy van kruidenierswarewinkel verander nie. Mense bou ’n persoonlike verhouding op met hulle apteek se aptekers en personeel.”

Watson & Brink Apteek gaan ook uit hulle pad om hulle dienste so maklik en toeganklik as moontlik vir klante te maak.

Hulle bied rekeninge aan klante en aftreeoorde en selfs klante in ander dorpe. Hulle maak ook voorsiening vir rekeninge vir die ouers van leerders wat in koshuise woon en bied gratis afleweringsdienste aan aftreeoorde en plekke van versorging.

Die twee apteke het tans 36 werknemers en vyf aptekers met nog een wat in Januarie in diens tree. Die vennote besef ook die waarde van indiensopleiding en internskappe. Theron en De Wet is albei geakrediteer om aptekersassistente sowel as gegradueerde aptekers wat internskap doen, op te lei.

Dienste:
Behalwe die verskaffing van medikasie en uitgebreide aptekersdienste en ’n wye reeks produkte bied die twee apteke ook kliniekdienste deur gekwalifiseerde verpleegsters wat basiese sorg behels soos inentings, ligte wondversorging, gesinsbeplanning en toetse vir bloeddruk, cholesterol, suiker, yster en glukose.

Tye:
Watson & Brink: Maandae tot Vrydae 08:30 – 17:30 en Saterdae 08:30 – 13:00. Kliniektye is Maandag tot Vrydag 08:30 – 14:00

Queens Apteek: Maandae tot Vrydae 08:30 – 19:00, Saterdae 08:30 – 13:00 en 18:00 – 19:00
Sondae 10:00 – 12:00 en 18:00 – 19:00

Kliniektye: Maandag tot Vrydag 08:30 – 17:00.

Vir mense wat belangstel om meer oor die geskiedenis van een van die land se oudste apteke te leer, kan die uitstalling van die apteek se geskiedenis in die CP Nel-museum gerus besigtig word. Die oorspronklike fasade van die apteek is binne die museum opgerig.