Nuwe naam vir Oudtshoorn se oudste oogkundige praktyk

Van links is Nadine, Melanie, Carika, Liandi Robinson, Alvin, Marita Bouwer, Liesl, Twanet en Petro. Foto’s verskaf

In 1977 koop Louis Slabbert en Chris Slabber die oogkundige praktyk van Adam Botha. Hulle maak van Slabber en Slabbert oogkundiges ’n gevestigde en huishoudelike naam in die distrik.

Marita Bouwer sluit in 1999 by hulle aan as derde oogkundige en vergroot die praktyk. Vroeg 2019 tree Chris Slabber uit en Liandi Robinson sluit aan by die span. In Desember 2024 lê Louis Slabbert die tuig neer.

So het die tyd dan nou aangebreek vir ’n naamsverandering: SLABBERT, BOUWER & ROBINSON OPTOMETRISTS / OOGKUNDIGES. ’n Riem onder Marita en Liandi se hart is die talle lojale pasiënte wat sedert die beginjare steeds na die praktyk terugkeer, al het hulle na ander dorpe verhuis. Kinders en kleinkinders van jarelange pasiënte besoek ook nog steeds die praktyk.

Soveel vertroue, goeie verhoudinge en vriendskappe is deur die jare gebou. Die praktyk se personeel is uiters bekwaam en heelparty van hulle stap reeds ’n lang pad oor baie jare saam met die praktyk.

Alhoewel Slabbert, Bouwer & Robinson Oogkundiges spog met moderne toerusting en tegnologie, voel Marita en Liandi tog dat sekere ou bekende en persoonlike elemente steeds in plek moet bly om daardie lewenslange oogsorg-verhouding te onderhou. Tyd vir ’n geselsie of ‘n grappie is daar altyd.

Gaan loer ook na hul Facebook-blad en mooi webtuiste: www.slabbertoptometrists.co.za. Daar verskaf hulle ’n wye veld van interessante inligting ten opsigte van oogsiektes, brillense, kontaklense en verwante kwessies.

Marita en Liandi is baie opgewonde oor die nuwe era. Hulle is ook dankbaar teenoor Louis Slabbert, hulle jarelange mentor, wat steeds betrokke is by die praktyk vir afloswerk en as raadgewer.

Vir uitstekende diens en kwaliteitprodukte, besoek gerus vir Slabbert, Bouwer & Robinson Oogkundiges by winkel 10, Queen’s Square, Voortrekkerweg, Oudtshoorn of kontak hulle by 044 279 1636 / ontvangsslab@gmail.com.

Marita Bouwer en Liandi Robinson.