Hyundai Oudtshoorn beste in SA!

Bo: Die Hyundai wenspan, van links staan CP Young, Bronwyn Dyter, Jo-Marie de Kock en Jomari Solomons. Foto: Angelique Erasmus Onder: Brenton Cole, direkteur van verkope en Niall Lynch, besturende direkteur van Huyndai Suid-Afrika, en Bronwyn Dyter, algemene bestuurder van Hyundai Oudtshoorn.

HYUNDAI Oudtshoorn het rede om te spog – Hulle is vroeër die maand aangewys as Verkoopshandelaar van die Jaar.

Hulle het ook die prys as 2022 se Algehele Handelaar van die Jaar landwyd in kategorie C gewen waarin hulle teen 43 handelaars meegeding het.

Dié uitmuntende prestasies kom slegs 18 maande nadat die groep deur Hooper Motors in Junie 2021 oorgeneem is.

In 2021 het hulle in die sesde posisie geëindig.

Hooper Motors vier hul negentigste verjaardag in November vanjaar, ’n bewys dat hierdie motorgroep van die beste in die bedryf is.

Bronwyn Dyter, algemene bestuurder van die tak, en haar wonderlike span, sorg dat elke kliënt uitstekende diens ontvang.

Sy beaam dat hul fokus op elke kliënt as in- dividu is, soos deur Hooper Motors voorgeskryf word.
Dyter het die spoggeleentheid waar die toekennings oorhandig is by Champagne Sports Resort in die Drakensberg vroeg in Februarie bygewoon, waar sy die pryse namens die tak ontvang het.

“Ek wil graag al ons kliënte bedank, en ook almal wat saam met my by Hyundai Oudtshoorn werk.

Sonder julle sou die prestasie beslis nie moontlik gewees het nie,” sê sy.

Die handelaar verkoop nie net splinternuwe Hyundai-voertuie nie, maar het ook ’n groot verskeidenheid gebruikte motors van ander handelsmerke om uit te kies.

Hulle diens ook enige fabrikaat en model voertuig en kan onderdele vir ’n wye reeks voertuie verskaf.

Besoek gerus hierdie dinamiese span en weet dat jy en jou voertuig in uitstekende hande is.
Alle nuwe voertuie kom ook met Hyundai se 7-jaar- of 200 000km-standaardwaarborg.

Die twee pragtige glastrofees is met baie sorg na Oudtshoorn vervoer, en kan besigtig word by Hyundai Oudtshoorn se tak in Langenhovenweg. Foto’s verskaf