
Afriforum hou jeug-ontbyt
AfriForum se Oudtshoorn-tak het as deel van hul jeugaksie al die hoofleiers, onderhoofleiers en skoolhoofde genooi vir ’n ontbyt saam met Dr Ernst Roets, hoof van beleid by AfriForum. Roets het met die leerders oor leierskap gepraat. Die skole wat die ontbyt meegemaak het was, Dysselsdorp Sekondêr, Hoërskool Môrester, Hoërskool Protea, Fezekile Sekondêr, Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium.
Foto: Heinrich Bosman
