
VIR ’n lang tyd gedurende die Covid-19-pandemie is almal in Suid-Afrika deur ’n nasionale inperking tuis gehou. Van toe af was daar ’n bestendige toename in die aantal mense wat hul leefstyl heroorweeg het.
Een van die grootste neigings wat na vore gekom het, was die migrasie deur Sauid-Afrikaners van groot stede na kleiner dorpe of na meer landelike gebiede.
Gerhard Kotzé, besturende direk-teur van RealNet Eiendomme, sê daar is baie faktore wat oorweeg moet word voor hierdie stap geneem word. Die koste om te hervestig moet eers volledig bereken word. “Een van die grootste dryfvere van die huidige migrasie-beweging is die begeerte na groter leefruimtes en die behoefte aan buitemuurse aktiwiteite vir die gesin. Die platteland bied dit teen ’n laer koste aan.
“Veral mense met kinders het tydens die inperking ervaar dat hul huise te klein is om aan almal se be-hoeftes te voldoen. Tuiskantoorruimte, tuisonderwysruimtes en tuisgimnasiums het in hierdie tydperk baie gewild geword,” sê hy.
Gerhard noem dat huispryse dikwels aansienlik laer is in kleiner dorpe, wat kopers die geleentheid bied om ’n groter eiendom vir dieselfde prys as in die stede te kan bekom. Terselfdertyd word ’n stiller leefstyl nader aan die natuur moontlik. “Ons sien ook die neiging dat heelwat mense tans van voorstedelike na landelike gebiede of landgoedere aan die kus verhuis, wat ook ’n verskeidenheid sportfasiliteite en buite-aktiwiteite bied,” sê hy.
Ander faktore moet ook in berekening gebring word, sodat die werklike koste van die skuif na die platteland korrek bepaal kan word, sê Gerhard. Dit sluit onder meer eenmalige uitgawes soos die wetlike oor-dragkostes van die kooptransaksie in.
Net soos in die stad moet daar deeglik beplan word vir onderhouds-koste. En as mens verhuis na die plat-teland moet motorslytasie en vervoerkoste ook bereken word.
’n Verdere sterk motiveringspunt vir ’n skuif na ’n kleiner dorp, sluit ’n groeiende begeerte onder baie gesinne in om nader aan hul vriende en/of familie te woon, wat vir hul ’n sterker ondersteuningsbasis bied. Die sluit van baie sosiale bymakaarkomplekke soos restaurante en natuurlik kantore, wat voorheen bygedra het tot die atmosfeer in sentras, maak die besluit makliker.
Die neiging onder baie jongmense is om eerder hul eie huis te koop in plaas daarvan om hoër huurgelde in die stad te betaal, en dit boonop vir ’n kleiner huis. Die huidige hoër rentekoerse, al is dit steeds relatief laag, is ’n verdere aansporingspunt tot hierdie besluit. Sodoende kan hulle hul eie eiendom teen ’n laer prys koop in die landelike gemeenskap.
Die voorkeur-eiendom waarna mense soek moet oor goeie internet- en selfoonopvangs beskik om dit moontlik te maak vir afstandwerkers om uit die stad te kan ontsnap.
Ander belangrike oorwegings sluit die volgende in:
• Basiese geriewe: Baie klein dorpies in SA het wisselvallige water- en kragtoevoer. Dus moet daar miskien voorsiening gemaak word vir items soos ’n kragopwekker, watertenks en ’n paar sonkragpanele, om gemaklik te kan leef. ’n Persoon moet ook die toestand van die toegangspaaie nagaan en besluit of mens ’n meer robuuste voertuig benodig.
• Winkels, skole en mediese dienste: Miskien wil u nie in ’n stad met ’n groot winkelsentrum woon nie, maar dit is nie gemaklik om bv 50 km na die volgende stad te moet ry vir basiese benodigdhede soos brood en melk of mediese hulp nie. Dit is belangrik om te verseker dat basiese dienste plaaslik beskikbaar is. En nog beter, is daar miskien ’n plaaslike boeremark waar mens vars brood kan koop, en ’n plaaslike dokter moet beskikbaar wees. Indien jou kinders nog op skool is, moet hulle verskieslik nie ’n lang busrit hoef te neem nie.
• Vir ontspanningstyd en buitelug-entoesiaste moet daar stap- en fiets-roetes, voëlkykplekke en/of ’n gholfbaan of twee naby wees. Of indien jy ’n strandpersoon is moet daar plekke in die omgewing wees om te swem, vis te vang, branderplank te ry of te seil. Sommige landgoedere bied baie van hierdie geriewe binne ’n veilige omgewing, sowel as ander sportfasiliteite, ’n klubhuis, restaurant en miskien selfs ’n gesondheid-spa.
• As die plaaslike gemeenskap vriendelik is en jou verwelkom en insluit in ’n aktiewe gemeenskap, en deelname aan plaaslike kulturele geleenthede is dit veral belangrik. As jy ’n kreatiewe persoon is, is dit net so belangrik om met ander kunstenaars, skrywers of musikante te meng.
Dit is duidelik dat dit moeilik is om so ’n aankoop oor ’n afstand te doen en die regte eiendom te vind.
Dit is dus die moeite werd om ’n betroubare plaaslike eiendomsagent te kontak. Die agent sal al die nodige inligting kan voorsien, asook foto’s en video’s van die huise wat te koop is.
Dit moet voldoen aan die koper se behoeftes. Daarbenewens, as hulle aan ’n nasionale groep soos RealNet behoort, sal hulle jou ook kan help om jou bestaande eiendom te verkoop en jou verhuising so te bespoedig. (Promosie artikel)
