Wes-Kaapse parlement kies Oudtshoorn om program te loods

Die speaker van die Wes-Kaapse Parlement, Masizole Mnqasela, en die nuutverkose speaker van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, Barbara Owen, Dinsdagoggend by die loodsing van die Thetha Nathi-program by die Baron’s Palace op Oudtshoorn. Foto: Liesel le Roux

DIE speaker van die Wes-Kaapse provinsiale parlement, Masizole Mnqasela, het Dinsdag ’n program om deelname van inwoners in die provinsie aan te moedig, Thetha Nathi, op Oudtshoorn geloods.

Thetha Nathi beteken “praat met ons” en wil kontak tussen die provinsiale parlement en inwo­ners van die provinsie verhoog.

“Die provinsiale parlement is nie ’n plek in Kaapstad nie; dit sluit die hele Wes-Kaap en sy inwoners in,” het Mnqasela gesê.

Volgens hom is die mikpunt van dié program om bande en kommunikasie tussen inwoners in die 24 munisipaliteite in die provinsie en die provinsiale parlement te versterk. Hy het die kommunikasie met inwoners beklemtoon en gesê die mense van die Wes-Kaap staan sentraal in alles wat die parlement besluit en doen.

As gevolg van Covid-19-regulasies is die loodsingsfunksie deur ’n beperkte aantal inwoners, gemeenskapsleiers en raadslede bygewoon. Die loodsing is virtueel na ander dele van die Tuinroete uitgesaai. (Deur Liesel le Roux)

1 Comment on "Wes-Kaapse parlement kies Oudtshoorn om program te loods"

  1. Isabella | 09/24/2021 at 18:45 |

    Huh?! Dit is “praat met ons”, maar dit gebeur in stilte – g’n mens wat ek gevra het, het daarvan geweet nie. Of moet dit nog in die toekoms gebeur.
    Praat met ons – hoe verskriklik ironies

Comments are closed.