DIE bekroonde teaterskrywer en -regisseur Neil Coppen en kunstenaar Vaughn Sadie is tans besig om in samewerking met die KKNK ’n musiekteaterproduksie saam te stel, wat die talent en stories van Oudtshoorn-inwoners en -kunstenaars ten toon wil stel. Oudisies word van 20 tot 22 Januarie op Oudtshoorn gehou.
Die produksie wil ’n “liefdesbrief” wees aan die mense van die Klein Karoo, ’n aand van storiever-tel en opvoerings wat navorsing en stories met gehore sal deel, aldus Hugo Theart, artistieke direkteur van die fees.
“Die KKNK se Oudtshoorn Living Within History-program is verlede jaar geïnisieer en behels dat inwoners van in en om Oudtshoorn aan die projek sal saamwerk,” sê Theart.
“Neil en Vaughn het albei wye ervaring van openbare kuns- en teaterprojekte. Die projek wil deur die kunste ’n langtermyn-verbintenis met die gemeenskap van Oudtshoorn bou. Ná die onstui-migheid van die pandemie glo ons dat ons deur die kunste ’n belangrike rol kan speel om dialoog binne die gemeenskap en streek te fasiliteer.
Die sukses van projekte soos dié is afhanklik van die gemeenskap se deelname en ons nooi almal uit om betrokke te raak.”
Die kreatiewe span hou van 20 tot 22 Januarie daagliks oudisies van 10:00 tot 19:00 in die volgende venues: 20 Januarie – St Simons Kerk, Bridgton; 21 Januarie – Thusong Sentrum, Bongolethu en 22 Januarie – CP Nel Museum.
Daar word gesoek na solo-kunstenaars (akteurs, sangers en musikante), of uitvoerende kunstegroepe (soos orkeste, kore en tradisionele dansers) van 14 jaar en ouer.
Belangstellendes moet ’n oudisiegleuf bespreek by Glenisha Tarentaal by glenisha@kunste.org.za, of bel of WhatsApp haar by 078 966 8656.
’n Oudisiegleuf is twee minute lank en elke kunstenaar of groep moet ’n kort stuk (monoloog, liedjie, of dans) voorberei. Suksesvolle aansoekers moet daarna ’n finale oudisieronde bywoon.
KKNK-oudisies vir Oudtshoorn!

gaan kknk plaasvind die jaar en wat is die datums
KKNK weer van 29 Maart tot 3 April op Oudtshoorn!
https://www.diehoorn.com/hoofartikels/fees-sal-agv-nasionale-covid-19-regulasies-waarskynlik-anders-as-in-die-verlede-lyk/
ek is n uitstaller en het nog geen aansoekvorms ontvang nie my email is lynettesboutique@telkomsa.net