
Tannie Maggie, erg beseer, se wonde word versorg.
TANNIE Maggie Fourie (78) van Oudemuragie, wat hoog teen die hange van die Swartberge boer en daagliks in die berg gaan stap, sal Vrydag 15 Oktober nooit vergeet nie.
Dis die dag wat sy deur “helde” gered is nadat sy op ’n staptog so hard geval het dat sy nie kon loop nie. Sy en haar vriendin, Mariaan van Wyk het die dag gaan stap om na boesmantekeninge te gaan kyk in die grotte – ’n roete wat sy baie goed ken. In ’n stadium het Tannie Maggie duiselig geraak en geval.
Maar Tannie Maggie sê hierdie storie is nie oor haar nie, maar oor die helde wat haar gered het en ’n wonderbaarlike sameloop van omstandighede wat aan hierdie storie ’n pragtige einde gegee het.
Die beplande stap sou Saterdag gebeur het, ’n dag wanneer daar nie werkers op die plaas is nie. Tannie Maggie het egter ’n voorgevoel gehad en besluit om eerder die Vrydagmiddag te gaan stap. Sy het ook op die laaste nippertjie besluit om ’n tweerigtingradio saam te vat, ten spyte van die feit dat sy gedink het daar sou nie opvangs wees waar hulle wou gaan nie.
“Beide van die besluite was op die ou einde net genade,” sê Tannie Maggie.
Toe sy die noodroep maak was die sein wonderbaarlik helder en die antwoord oor die radio het dadelik gekom. Die werkers, Isaac Botha, Ronaldo Roman, Geswin Samson en Gerald Tarentaal, het ook na Tannie Maggie se kleindogter, Ilze Beyers gegaan om haar en ’n noodhulpkissie en komberse te gaan haal en die groepie is die berg op met ’n trekker en ’n klein sleepwa om die vroue te hulp te snel. Hulle kon tot so ongeveer 3 km van waar Tannie Maggie geval het ry.
Nadat Ilze Tannie Maggie se been, wat heeltemal uit lit was, gespalk het en die wond aan haar gesig verbind het, het die mans knope gemaak aan die hoeke van die kombers. Tannie Maggie is daarop lê gemaak en so het haar redders haar die berg uit gedra deur diep klowe en oor hoë rante met steil afgronde.
Tannie Maggie sê die besorgdheid en die liefde is iets wat sy nooit sal vergeet nie. Elke keer wanneer dit gelyk het asof sy haar bewussyn gaan verloor as gevolg van van die harsingskudding en toe sy begin ruk en bewe van die skok en pyn, het hulle haar naam geroep en gepleit dat sy nie slaap nie. Dit was later al stiknagdonker en Tannie Maggie vertel hoe sy hulle by die laaste en steilste rotswand gesmeek het om hulle te los totdat dit lig word. Sy sê sy het gesien hoe hulle vir mekaar kyk en een sê “Manne, vat vas! Ons gaan Mevrou nie hier los nie”.
Tannie Maggie sê hierdie is ’n storie oor liefde en aanvaarding, oor saamwerk en oor baie genade. “Oor kleurgrense het liefde en ondersteuning geen perke nie,” vertel sy. (Deur Maryna Cotton)
Hierdie tipe insidente moet ons oorvertel en versprei sodat almal sal besef dat daar goeie opgevoede mense onder ons is wat omgee en liefde in hulle harte bêre om uit te haal wanneer dit nodig is.
Ons is saam met die ou dame dankbaar vir die onbaatsigtige hulp wat verleen was deur hierdie pragtige jong manne.
Julle is beslis helde. Baie dankie !
Wat n pragtige opbeurende storie dat daar nog mense is wat vir mekaar omgee. Hierdie werkers ken die waardes van die lewe en dit is ‘n mooi verhaal in hierdie huidige wêreld waarin ons onsself bevind. Vertrou Tannie Maggie herstel spoedig en volkome.
What a beautiful story,it show us that couller is not an issue,love,respect,care for one another,thats whats important.
Great work guys
Kudos, manne. Ek haal my hoed af vir julle!
Daar is goeie mense tussen almal van ons. Maak nie saak wie of wat jy is nie. Baie dankie aan die 4 manne wat hulle ontferm het. Dit wys dat hulle goeie harte het.
Pragtige storie dis hoe ek ons mense oor kleurgrense ken.Saamstaan altud.
Ons liewe Maggie, dink altyd aan ander en min aan haarself🤗💕
Ons kry nog goeie mense wat nie teen kleur kyk nie. Baie dankbaar vir julle manne God seen julle
Dankie tannie Maggi vir jou voorbeeld aan ander.Gos wil hê dat ons almal as een groot familie sal saam werk en nie oordeel nie.Prys Jesus vir sulke wonderlike mense wat jou altyd ondersteun.Sterkte en spoedige beterskap.Julle is wonderlik.
Wow, hulle is ysters Met sulke mense kan mens gaan oorlog maak en nasies bou. Give them all a Bells.
Wow Wow en Wow. Met sulke mense om jou, kan jy maar hoog in die Swartberge boer.
Sterkte Maggie.
EK IS DIE HERE DANKBAAR DAT JY VEILIG UITGEKOM HET EN NOU OP DIE PAD VAN HERSTEL
IS… MAAR SOOS JY TEREG SÈ DANKIE JESUS VIR GOEIE MENSE WAT OOK HULLE SELF GEGEE HET OM SO N WONDERLIKE LIEFDES DAAD TE VERRIG… MAG DIE HERE HULLE EN HULLE FAMILIES OOK RYKLIK SEEN…
Goeie nuus en positiewe nuusberigte is so skaars. Baie dankie dat julle hierdie hoopgewende storie met ons deel. Mag Tannie gou herstel en mag hierdie berig, die Lig, in die wêeeld indra. Here, seën elkeen wat betrokke was en gee dat hulle altyd ligdraers vir U sal wees.
Hartroererend. Die hand vanni Here rus op julle. Die les is eenvoudig, moenie neerkyk op plaaswerkers of minderbevoorregtes nie, dis by bukle watti liefde enni omgee vir sy naaste uitstaan en dit kan ervaar word. Ek salute julle, Isaac,Gerald, Geswin en Renaldo, julle makeer MEDALJES.
Fantastiese verhaal van liefde en omgee en bewys van Maggie Fourie se deursettingsvermoe en vasbyt Ken daardie karaktertrekke so goed Dankbaar dat sy veilig is
Wat n wonderlike storie, maar ek dink jy moet maar nou ophou om berg toe te gaan
. Last kyk ook na jou bloedruk. Sterkte!!
Bless them all.
So greatfull for that and them who help the old lady thank you guys much appreciated
Aai Tannie Maggie, ek is so bly jy het na jou ‘6th sense’ geluister. Hulpers soos wat Tannie gehad het laat my hart custard klop. Dankie dat julle so mooi na Tannie Maggie gekyk het en haar na veiligheid besorg het.