’n 29-JARIGE man van Oudtshoorn en ’n 26-jarige vrou van Thembalethu is Vrydag (15 Oktober) net buite Oudtshoorn op die George-pad vasgetrek vir die besit van dwelms (Tik) met ’n straatwaarde van R270 000.
Volgens die woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, sers Cristopher Spies, was die twee passasiers in ’n taxi wat met die N12 op pad was na Oudtshoorn.
Die taxi is omstreeks 14:00 deur lede van die landelike blitspatrollie afgetrek.
Spies sê die taxi is deursoek waarna die twee in hegtenis geneem is.