Diplmas ontvang
Die granaatvereniging van Suid-Afrika (Pomasa) en Agri Seta het onlangs ’n weeklange kursus in die Klein Karoo aangebied op uitnodiging van Karoo Wonderful Pomegranates. Nege-en-dertig plaaswerkers van 15 plase het die kursus suksesvol voltooi. Van links is Merwe van Pletsen by sy werker Kiewiet Solomons (Gamtoosberg), Chris Krone (kursusleier), Willem October, Klaas le Roux en Frans Delport (Delport Broers Boerdery) en Jacoline Lehmann (Vanzylsdamme). Foto: verskaf