’n Leser het einde Maart dié foto aan Die Hoorn gestuur van die naam van die Standard Bank wat van dié historiese sandsteengebou in Kerkstraat verwyder word nadat die bank na ’n ander perseel in Hoogstraat verhuis het - voorwaar die einde van ’n era in die dorp. Standard Bank het in 1904 in dié gebou ingetrek wat spesiaal vir hulle ontwerp en gebou is. Die gebou is tans in die mark. Intussen is daar groot kommer in Oudtshoorn oor moontlike skade aan die gebou wat tans leeg staan asook aan ander geboue in die middedorp.
Dis so hartseer.Hoop hul hòu daardie letters en dat iemand gou sal huur.