Amnestietydperk vir bouwerk en grondgebruik oor 3 maande verby

DIE  amnestietydperk vir onwettige bouwerk of ongemagtigde grondgebruik in die Groter Oudtshoorn loop vinnig uit. Die amnestietydperk eindig op 31 Julie 2021.

Die amnestie geld vir enige onwettige bouwerk of ongemagtigde grondgebruik wat voor 1 Januarie 2020 plaasgevind het. Onwettige bouwerk of ongemagtigde grondgebruike wat reeds op regsaksie uitgeloop het, word nie deur hierdie amnestie geraak nie.

Let op dat die amnestie ook van toepassing is op bouplanne: Eienaars van eiendomme moet seker maak dat daar bouplanne op leêr is by die bou-afdeling van die munisipaliteit. Boere in die omgewing moet veral seker maak daar is planne vir alle strukture op hulle plase op leêr.

Die eienaars van veral ou eiendomme moet gaan seker maak of daar planne is by die bou-afdeling. Daar is talle eienaars wat al met skok agtergekom het hul huise het geen planne nie. Versekeraars betaal selde uit as hulle agterkom daar is geen bouplanne nie.

In die toekoms gaan die munisipaliteit die verkoop van eiendomme stopsit as daar nie opgedateerde bouplanne op leêr is nie. Indien jy nie van die amnestietydperk gebruik gemaak het nie en jy moet dan planne laat optrek en indien, gaan die munisipaliteit jou addisionele koste vra wat die volgende insluit: boudepo-sito, 4 X bouplanfooie en/of strydigingsheffings. Op groot eiendomme kan dit ’n reuse bedrag word. Dit gaan ook die verkooptran­saksie uitrek, wat kan veroorsaak dat die verkoop gekanselleer word.

• Die munisipaliteit se bou-afde­ling is in St Johnstraat 92 geleë. Kontak mnr R Booysen by 078 457 0834 vir meer besonderhede oor onwettige bouwerk. Rig navrae oor onge­mag­tigde grondgebruik aan mnr G Cairncross by 083 400 6981. (Deur Heinrich Bosman)

1 Comment on "Amnestietydperk vir bouwerk en grondgebruik oor 3 maande verby"

  1. C Clark | 04/19/2021 at 12:54 |

    With the move from De Rustig Oudtshoorn the mucipalety lost our plans. Not us. So you can replace them at your costs.

Comments are closed.