Hoër tariewe vir dienste Oudtshoorn se voorland

DIE Oudtshoorn munisipaliteit se konsepbegroting vir 2021/2022 toon dat inwoners vanaf 1 Julie heelwat meer gaan moet opdok vir munisipale dienste.

Die burgemeester is tans besig om imbizos in ál die wyke te hou, waar inwoners hul insette oor die nuwe tariewe kan kom uitspreek. Die kennisgewing (kennisgewing 15) wat die datums en venues aandui is op die munisipaliteit se webwerf (www. oudtshoorn.gov.za) beskikbaar.

Hier is ’n opsomming van die belangrikste verhogings.

*Let op: die elektrisiteitverhoging is onderhewig aan goedkeuring deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa). Die 14,59% is minder as die 17,8% wat Nersa goedgekeur het as die persentasie waarmee Eskom sy elektrisiteit aan munisipaliteite kan verhoog. (Deur Heinrich Bosman)