‘Oom Bill waarlik ’n inspirasie vir elke speler’

83-jarige “Oom” Bill Schee-pers is die Oudtshoorn Rolbalklub se senior enkel- kampioen. Hy speel al 35 jaar lank rolbal en was al enkelkampioen by verskeie klubs in Suid-Afrika, onder meer die SA Vloot, SA Weermag Kaapstad, SA Weermag Nasionale Kampioen, Randburg en Sables. Hy was ook Meesterskampioen by verskeie klubs. “Oom Bill is waarlik ’n pragtige voorbeeld en inspirasie vir elke rolbalspeler,” sê Alewyn Hanekom, woordvoerder van die klub.