Skoolhoof se saak uitgestel

Deur Garnett Wicomb
’N SAAK teen die skoolhoof van ’n laerskool in die De Rust-distrik is Maandag in die Oudtshoorn Streek­hof vir verhoor tot 12

September uitgestel. Die 54-jarige skoolhoof word van verkragting aangekla.
Streeklanddros Retha Pretorius het die saak uitgestel vir die afhandeling van die polisie-ondersoek.

Die man word daarvan aangekla dat hy na bewering op 9 Februarie 2017 ’n 47-jarige vrou van De Rust in Meiringspoort sou verkrag het.

Sy borgtog van R2 000 met streng borgvoorwaardes is Maandag verder verleng.

Ao Flip Jacobs is die ondersoekbeampte in die saak en adv Michelle Weyers die aanklaer. Christo van der Bergh van Coetzee en Van der Berg  verskyn namens die beskuldigde.