

Die Klein Karoo beskik oor verskeie pragtige kerke, katedrale en sinagoges. Sommiges is uit sandsteen gebou, ander het fyn loodglaswerk en ander weer pragtige beelde binne en buite die kerk.
Die Camino staproete is sowat 190 km ver, maar daar is ook langer en korter roetes beskikbaar wat van beginner- tot ervare stappers akkommodeer.
Daar is ook ’n opsie om jou eie persoonlike Camino-roete te skep.
Staptogte begin elke Maandag, en kan dwarsdeur die jaar gestap word.
Veilige en netjiese akkommodasie is beskikbaar op roete en eindig later in Oudtshoorn, die hart van die Klein Karoo.
Die roete kan gestap of per bus ervaar word.
Vanjaar se “Camino van die Sandsteenkerke,” bustoer vind plaas vanaf 15 – 18 April, 18-21 Junie, 12-15 Augtustus en 11-14 November. Die opbrengs van die toer word geskenk aan Solidariteit Helpende Hand.
“Solidariteit Helpende Hand is bevoorreg om by hierdie reistog vir die siel betrokke te wees.
Die Camino van die Sandsteenkerke fokus spesifiek op die kulturele en spirituele aspekte van die Klein Karoo, en neem pelgrims op ’n reis deur die verskeidenheid kultuurskatte wat hier ontstaan het,” sê Alisha de Lange, Solidariteit Helpende Hand se streeksbestuurder van die Wes-Kaap.
Bekendes wat vanjaar die toer gaan meemaak is Hannes Noëth, uitvoerende direkteure van Solidariteit Helpende Hand, Martelize Brink, skrywer en RSG omroeper en Pierre van der Westhuizen wat internasionaal bekend is vir sy operasang, om maar ’n paar te noem.
Daar word ook nie net na sowat ses mooi kerke, sinagoges en die Bybelse Tuin gekyk nie, maar ook verskeie besienswaardighede en toerisme besienswaardighede sal besoek word, soos die Rust en Vrede waterval, na sterre gekyk word en ook Volstruispaleise besoek.
’n Intressante besoekpunt op die toer is Die Lydensweg (Via Dolorosa), in Dysselsdorp.
Reisigers vertrek die middag na St Konrad Katolieke Kerk in Dysselsdorp vir die stap van die Via Dolorosa (lydensweg, of die pad van smarte).
’n Plaaslike priester begelei die gaste en verduidelik die simboliek en betekenis van elk van die twaalf stopplekke.
Om jou plek te bespreek besoek gerus die Klein Karoo Camino se webtuiste op www.kleinkaroocamino.co.za, of skakel 071 209 2977 vir meer inligting en pryse. Lede van Solidariteit Helpende Hand ontvang ook 10% af op die toerprys. (Deur Angelique Erasmus)
Koste asb.