DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het bekend gemaak dat die hoof regsdienste by die munisipaliteit, Pumzo Tofile (55), Saterdag in die hoësorgafdeling van ‘n Kaapstadse hospitaal aan Covid-19-verwante oorsake oorlede is.
Volgens die waarnemende munisipale bestuurder, Reginald Smit, het Tofile siek geword toe hy die laaste keer tydens Vlak 4 huis toe is in Kaapstad.
“My laaste gesprek met hom was toe hy in die Vincent Palotti Hospitaal opgeneem is. “
Omdat Tofile se tuiste steeds in Kaapstad was, sal sy dood nie deel word van Oudtshoorn se statistiek nie.
Tofile word oorleef deur sy vrou, Gcotyiswa, en twee kinders van 10 jaar en 23 maande onderskeidelik.