Kyk Dinsdag na raadsvergadering op sosiale media

’N RAADSVERGADERING wat vir môreoggend (Dinsdag, 26 Junie 2020) om 10:00 op Oudtshoorn geskeduleer is, gaan die eerste raadsvergadering wees wat direk op sosiale media uitgesaai word.
Die vergadering sal op die Oudtshoorn Munisipaliteit se YouTube-kanaal te sien wees, terwyl dit ook op Facebook en Twitter gevolg kan word. Die skakels is:
• YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=IoVwH0JPvyw&feature=youtube
• Facebook: www.facebook.com/oudtmun
• Twitter: www.twitter.com/oudtmun
“Raadsvergaderings moet ingevolge wetgewing toeganklik wees vir die publiek en die media. As gevolg van die inperking kan die publiek nie raadsvergaderings bywoon nie, en is ons bly dat ons tegnologie en sosiale media-platforms kan gebruik sodat die publiek by die vergaderings betrokke kan wees,” sê die waarnemende munisipale bestuurder, Reginald Smit.