HOEWEL die Groter Oudtshoorn se biblioteke nog nie oop is nie, kan inwoners sedert Woensdag (12 Augustus 2020) biblioteekboeke terugneem na die biblioteke.
By die biblioteke in Bridgton, Bongolethu, Volmoed, Dysselsdorp en De Rust kan boeke op Maandae en Woensdae tussen 10:00 and 12:00 afgegee word. By die CJ Langenhoven Gedenk-biblioteek in Voortrekkerweg kan dit alle ure deur ’n gleuf in die voordeur terugbesorg word.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die munisipaliteit, word daar tans gewerk om biblioteke so gou moontlik te open, maar is daar heelwat Covid-19-regulasies waaraan eers voldoen sal moet word.
“Ons sal inwoners ingelig hou,” het hy gesê.