Die Oudtshoorn Besigheidskamer verwerp die beoogde verhoging van munisipale tariewe ten sterkste, sê Jaco Vorster, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer.
Inwoners van die dorp het tot 8 Mei tyd om te reageer op die konsepbegroting en tariewe vir 2020/2021 wat verhogings van tussen 6% en 12% voorstel. Nuwe tariewe tree jaarliks op 1 Julie in werking.
“Die dorp se besighede sal nie verhoogde tariewe kan bekostig nie en ons munisipaliteit sal dit moet verstaan. Ons wil nie met die munisipaliteit baklei nie, maar daar sal ’n ander plan gemaak moet word om hul begroting te laat klop. Dit gaan moeilik vir besighede wees om net by die huidige tariewe te probeer bly.
Vorster sê die volhoubaarheid van die munisipaliteit se begroting is belangrik vir die volhoubaarheid van Oudtshoorn en sy ekonomie. “Die munisipaliteit sal soos besighede na sy kostestruktuur moet kyk en dit moet aanpas sodat dit bekostigbaar is. Die Besigheidskamer is bereid om saam met die munisipaliteit te sit en te kyk na die begroting.”
Volgens Vorster is dit belangrik dat die Tuinroete-streek waarbinne die munisipaliteit val, moet kennis neem hoe moeilik dit tans op Oudtshoorn gaan. Behalwe vir die ekonomiese druk wat COVOD-19 op die dorp plaas, is Oudtshoorn onder groot druk na ’n voortslepende en vernietigende droogte van vyf jaar, terwyl die afstel van die KKNK die ekonomie ook seergemaak het. (Berig deur Liesel le Roux)
Almal maak toegewings om belastingbetalers tegemoet te kom in hierdie uiters swak ekonomiese toestand wat Oudtshoorn tans ondervind. Ons dring daarop aan dat Oudtshoorn dieselfde doen!
Die tariewe is onrealisties. Selfs plaasbelasting is baie hoer belas as inflasie alhoewel dit 5 jaar laas gereen het en geen oeste afgehaal kon word nie.
Ek het van Hartenbos(By die see) af na Oudtshoorn getrek en daar het ek maar R400 amper betaal vir grond belasting. In Oudtshoorn is my grond belasting R1400 n maand vir my huis en hier is niks spesiaal aan die dienste of dorp wat dit n R1000 meer hoef te maak nie. Hier word nie eers groen of blou sakke gegee vir herwinbare vullis of tuin vullis nie. Strate is vol gate en ja. Lekker dorp en mense maar belaglike munisipale kostes.
Ek stem tariewe is besig om Oudtshoorn inwoners nog meer te verarm en met die Lockdown het baie van ons ons werk verloor gaan dit net vir Munisipaliteit oor hul self en hoeveel hulle kan salaris ontvang
Ek kan nie verstaan die Munisipaliteit nie kan verstaan wat besig is om in SA te gebeur nie: dat op voetsoolvlak, verloor mense hul werk, huisverbande raak agterstallig, huurders kan nie huur betaal, salarisse word afwaarts aangepas ens! Die begroting moet moet met ten minste 20% afwaarts aangepas word: almal in SA is arm het verarm; hoeveel besighede het al toegemaak en ander gaan nie weer hulle deure oopmaak nie! Munisipaliteit word wakker, verminder personeel!!!
Die tariewe wat hier op Oudtshoorn betaal word is uiters belaglik. As oud inwoner van Kimberley besit ek nog `n eiendom daar en is die volgende tariewe aldaar van toepassing. Eiendomsbelasting is R991.45 vir waardasie van R1,220,000.00 op eiendom, R165.24 vir rioolering van 3 toilette, R117.96 vir vullisverwydering. Sou ek my rekening voor die 15de van die maand betaal wat volg op die gelewerde rekening ontvang ek 11.13% afslag hierop.
Geen basiese tariewe geld tov water of elektrisiteit nie en geen addisionele heffing geld tov die krag sterkte wat na die huis aangelê is nie.
Ek is sedert 2014 hier op Oudtshoorn woonagtig en kan nog nooit die kloutjie by die oor kry dat die inwoners van hierdie dorp hierdie buitensporige heffings moet betaal nie. As gevolg van die gulsigheid van hierdie munisipaliteit sal ek dit nooit ooit oorweeg om vir my hier `n eiendom aan te skaf nie en in die jare wat kom gaan hierdie dorp dood bloei agv mense wat nie meer die tariewe kan bekostig nie gaan wegtrek van hier want daar is elders gunstiger weivelde.
Ja asb. Ons sal niks meer kan betaal nie.Sal moet agterraak dan. Gastebedryf gesluit.
Ons almal gaan gebuk onder die Covid-19 pandemie wat een en elkeen op een of ander manier finansieel raak. Sommige mensies kan nie eens die kostes nou bekostig nie – wat dit nou beteken dat daar nog minder kossies is om van te leef.
Ons self is in geweldige druk en aanvaar dat die verhoging nie verhaal sal word van die publiek nie maar dat daar ander metodes gevind word om die ekstra kostes te delg.
Dankie stem volmondig saam!
NEE VIR HOËR TARIEWE