DIE Oudtshoorn-sakeman Nic Barrow wat deesdae in Franschhoek woon, het twee prokureursbriewe aan die Oudtshoorn Munisipaliteit geskryf waarin hy “namens verskeie inwoners en belastingbetalers” beswaar aanteken teen die konsepbegroting en die beoogde verhoging van munisipale tariewe.
Barrow is steeds die eienaar van een van Oudtshoorn se vyfster-verblyfplekke, die Rosenhof Boutique Hotel.
Volgens sy skrywe het die Rosenhof Boutique Hotel sedert 23 Maart geen gaste ontvang nie as gevolg van die inperking en is daar tot einde Augustus geen besprekings nie.
“Met geen gaste is daar geen inkomste nie,” skryf hy verder.
Hy vervolg: “Inteendeel, ek gaan vra dat die belastingstruktuur verlaag word. Hierdie voorgestelde verhogings in tariewe sal sterk teengestaan word. Raadslede wat die verhogings ondersteun, sal in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word vir die regskoste costs de bonis propiis.
“Die nadraai van die COVID-19-virus gaan nog vir baie jare ’n beduidende effek op die toerisme en ekonomie hê.”
Barrow sê in ’n tweede brief aan die munisipale bestuurder dat in ag geneem word die huidige pandemie is ’n noodtoestand teweeggebring deur ’n Act of God en behoort die beginsel van force majeure toegepas te word. (Deur Liesel le Roux)
1 Comment on "Barrow woedend oor hoër tariewe"
Comments are closed.
Dis hoog tyd Oudtshoorn inwoners opstaan en saam staan as een teen die hoe grond en einge municipality belasting