Die Hoorn het in reaksie op boodskappe van inwoners oor bedelaars en karwagte in die middedorp die afgelope drie weke twee navrae aan die munisipaliteit gestuur.
Uit gesprekke met inwoners blyk dit dat talle nie meer besighede in veral Hoogstraat wil besoek nie, omdat daar skynbaar niks gedoen word om onwettige motorwagte en bedelaars aan te spreek nie.
Hierdie is ook ’n gereelde agendapunt op maandelikse GPF-vergaderings van Sektor 3 wat die middedorp insluit.
Klagtes wat ontvang word gaan hoofsaaklik oor die manier waarop karwagte, bedelaars en straatkinders inwoners lastig val en selfs intimideer as hulle in Hoogstraat parkeer. Daar kom ook voorvalle voor waar karwagte met mekaar in ondersonsies betrokke raak en selfs geweldadig raak.
Dit is ’n probleem wat reeds ’n aantal jare bestaan, maar vir inwoners is daar geen sigbare ingryping nie.
In een brief wat Die Hoorn ontvang het, word daar verwys na die aanstelling van 20 nuwe wetstoepassers asook ’n onlangse besoek aan die middedorp deur die uitvoerende burgemeester, senior amptenare en wetstoepassers.
Volgens die persoon was daar na mediadekking oor die twee geleenthede geen verdere aanduiding van daadwerklike stappe wat geneem is nie.
In nog ’n boodskap meld ’n inwoner dat sy vrou in ’n voorval in Hoogstraat betrokke was waar ’n karwag haar vir geld gevra het en toe haar deur probeer oophou het toe sy nie vir hom geld gee nie.
Hy het glo ook teen die ruit geklap toe sy wou wegtrek. Die inwoner se vraag was of die munisipaliteit verantwoording sal neem as ’n inwoner in so ’n voorval beseer word.
Daar was die afgelope aantal jare verskeie pogings van die privaatsektor se kant om karwagte te reguleer, maar dit was skynbaar nie volhoubaar nie.
“Waarom sit die munisipaliteit nie eenvoudig borde oral op wat duidelik sê dat bedelary onwettig is en dat mense geen geld moet gee nie. Daar is tog ordinasies wat dit verbied en sulke mense kan verwyder,” het een van die sakemense in die middedorp gesê.
In die navraag van Die Hoorn aan die munisipaliteit is gevra watter stappe reeds gedoen is om die probleem aan te spreek, hoe wetstoepassers in die dorp ontplooi word en wat die gevolge sou wees indien ’n lid van die publiek skade sou lei of beseer word in ’n voorval met bedelaars of karwagte.
Die direkteur van gemeenskapsdienste, Ian Avontuur, het as volg op die navraag gereageer:
“The municipality is concerned about the latest incident involving self-appointed car guards.
“The municipality has launched several initiatives over the past decade aimed at addressing the problem of car guards.
“We have had limited success in the past in resolving the issues surrounding car guards. The municipality emphasizes that any person who violates the laws of our country must be held accountable.
“The municipality’s law enforcement department is already busy with intensified foot patrols in the central business district, and will continue to apprehend cases of law violations, in collaboration with the SAPS.
The municipality remains focused on finding sustainable, long-term solutions to the car guard challenges in the central business district.” (HANNES VISSER)
Antwoorde gesoek oor bedelaars en karwagte in middedorp
