DIE Oudtshoorn Munisipaliteit gaan sy belastingbetalende inwoners verarm en onbillik behandel as hulle voortgaan met die beoogde belasting- en tariefverhogings van tussen 6% en 12% op 1 Julie 2020, sê AfriForum se Oudtshoorn-tak.
“Die ergste droogte wat die streek ooit getref het met sy vernietigende impak op ons plaaslike landbousektor asook die uitbreek van die COVID-19-pandemie met die afstel van die KKNK en die onmeetbare skade aan ons toerismebedryf, is genoeg rede om daarop aan te dring dat buitensporige verhogings van tariewe, heffings en belastings gestaak word. Onafhanklike studies het reeds getoon dat Oudtshoorn se eiendomsbelasting buite verhouding is in vergelyking met die van omliggende en vergelykbare dorpe.”
AfriForum nooi tans inwoners om ’n petisie te onderteken waarin beswaar gemaak word teen dié beoogde verhogings. Inwoners het tot 8 Mei die geleentheid om kommentaar lewer op die munisipaliteit se begroting en tariewe vir 2020/2021. (Gaan na afriforum.co.za en kliek op Aksies en petisies om die petisie wilte onderteken)
Die eienaar van Rosenhof op Oudtshoorn, Nic Barrow, sê hy steun AfriForum se inisiatief volkome. “Die dorp kan nie sulke tariewe hanteer nie. Rosenhof het sedert einde Maart geen inkomste nie en ook geen besprekings vir die res van die jaar nie. Dit is almal in die toerismebedryf se situasie.”
Volgens Barrow ondersoek hy ook tans die korrektheid van die vlak waarop die munisipaliteit jare gelede gegradeer is en die invloed wat dit op tariewe en salarisse het.
Ontstellend die salaris en totale inkomste van Oudtshoorn Mun.% is te hoog, en belasting betalers word gestraf,hulle wil die arm afruk wat hulle voed
Staatsdiens pensioenarisse se verhoging was3.6%. Ons kan eenvoudig nie meer ons huise behou as julle voortgaan met so n verhoging nie!
asb kyk hierna.
Het geteken