Oud-lede van Uniemag en SAW kan hier aansluit

OUD-LEDE van die Unie Verdedigingsmag en die SA Weermag tussen 1946 en 1994 word ge­nooi om aan te sluit by die SA Weermagvereniging (SAWV). Die SAWV is in 2009 deur genl Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die SAW begin om oud-lede by te staan.

Almal wat gedien het as dienspligtige, lid van ’n kommando, die reserwemag, die staande mag, Unie Verdedigingsmag of as ’n burgerlike kwalifiseer om lid te word.

Wat is die SA Weermagvereniging (SAWV)?

Die SAWV is georganiseer in ’n nasionale struk­tuur wat ’n ondersteuningsbasis bied aan al sy lede. Die provinsies word verdeel in sektore waarin eenhede gestig word in dorpe en stede waar lede woon.
Lede kan betrokke raak by verskillende projekte, soos Projek Kolgans (maandelikse ontbyte) landswyd wat vriende bymekaar wil bring.

Die SAWV fokus ook op ekonomiese projekte om lede die geleentheid te bied om ’n inkomste te verdien.
Dit bied voorts gedenkdienste, kerkdienste, hulp met post-traumatiese stres-sindroom, en opleiding om by die GPF-stelsel in te skakel en gemeenskapsveiligheid effektief te verbeter.

Dit help lede om uitstaande of verlore medaljes weer te bekom en help militêre veteraanlede met registrasie op die Departement van Militêre Veterane (DMV) se databasis om sodoende te aansoek doen vir voordele soos vervat in die Militêre Veteranewet (Wet 18 van 2011).

Lidmaatskap van die SA Weermagvereniging kos slegs R200 per jaar. Kontak die vereniging op Oudtshoorn by admin@milvets.co.za of 060 603 2030.

9 Comments on "Oud-lede van Uniemag en SAW kan hier aansluit"

  1. Ek wil aansluit.EK is n ou SWAGM dienspligtige van 1983 tot 1985 Windhoek OPS kamergewerk (Bastion gebou)

  2. Ek wil weet of ek ook sal kwalifiseer vir toelae het in die Weermag 2 Jaar vrywillige diens gedoen. het begin met Basies in Kimberly die tyd toe Samajoor Smit sy eie seun dood gedril het,daarna is ek Oudshoorn Infanterie skool toe waar ek peleton sersant geword het, en uit gepos is na Upington waarna ek grens toe is,ensaam met die boesmans spoorsny geleer het in Angola en verkennings werk

  3. Ek wil graag aansluit. Kan u asseblief vir my die nodige forms e-pos. Ek wil ook graag aansoek doen vir die medaljes waarvoor ek kwalifiseer.

  4. Willie Steenkamp | 22/01/2020 at 07:37 |

    More

    Kan u asb vir my die vorms stuur sodat ek kan aansluit. Groete

  5. Hi,kan jul die email adres stuur vir registrasie. Ek doen dit namens my pa. Ons het ook vir hom aansoek gedoen vir die weermag toelae,al die stappe gevolg,dis afgekeur. Ek voel hy version dit! Kan ek asb hulp kry met dit.

  6. William Flear | 09/12/2019 at 15:47 |

    How do i join the group and are the any benefits for me.

    I was in the Citizen force from 5 July 1966 till 21 July 1975 and served under the banner of the Cape Town Rifles ( Dukes)

  7. Vincent Daniel Ackermann | 02/12/2019 at 05:57 |

    Kan u asb vir my die nodige aansluitings dokumentasie mail.

  8. Hans-Heinrich Friedrich Cohrs | 29/11/2019 at 18:11 |

    This is a huge and respectful initiative for all our veterans up to 1994. We went to to fight for our country not knowing our enemy, but fearless, complete intense training as grade 12 school boys. We were the best army then beside Israel. We won the war but pay a price. Being sell-out by our own Government and getting a reward for our suffering called PTS. This must be a high priority we deserve a pension for our braveness and then left to be betrayed by your own people. Why did +- 2500 of our young soldiers die ?

Comments are closed.