Queen’s Apteek word nuwe noodapteek

Sekuriteitsituasie in middedorp noodsaak skuif

Deur Liesel le Roux
DIE noodapteekdiens op Oudtshoorn skuif vanaf Maandag na die Queen’s Apteek in die Queen’s Mall op Oudtshoorn.
Volgens Louwrens Theron, apteker by Watson & Brink Apteek, het die sekuriteitsituasie in die middedorp saans die eienaars van Watson & Brink Apteek en die Queen’s Apteek genoodsaak om na meer as 40 jaar die noodapteekdiens na die Queen’s Apteek te verskuif.

“Ons doen dit ter wille van die veiligheid van ons personeel en kliënte.”
Die apteek sal elke weeksdag die heeldag vanaf 08:30 tot 20:00 oop wees.

Op Saterdae is die Queen’s Apteek
se tye vanaf 08:30 tot 13:00 en weer
vanaf 18:00 tot 20:00, en op Sondae
vanaf 10:00 tot 12:00 en weer vanaf
18:00 tot 20:00.
Layout 1

2 Comments on "Queen’s Apteek word nuwe noodapteek"

  1. Rienie Oosthuizen | 03/25/2020 at 09:35 |

    Ekk wil graag nuwe voorskrifte epos, maar kry nie jul epos adres nie.

Comments are closed.