William en Jada wen Oudtshoorn Parkrun 327

WILLIAM VAN TONDER het die 327ste Oudtshoorn Parkrun Saterdag by die Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 18 minute 10 sekondes gewen terwyl die 17-jarige Jada Coetzee (foto regs deur Garnett Wicomb) weer die eerste vrou oor die wenstreep was met haar tyd van 25 minute 15 sekondes.
Gerano Rossouw (18:58) was tweede van die 48 deelnemers met Gerhard van Jaarsveld (21:35) in die derde plek.

Hierna het gevolg Johann Cotzer (24:32), Jada Coetzee (25:15), Cobus Diepraam (25:35), Alida Geldenhuys (26:00), Petrus Geldenhuys (26:45), Fanie Olivier (27:19), Abraham Patrick (28:05), Albertus Kennedy (28:11), Kruge Roeloffze (28:23), Petrus Geldenhuys (28:41), Aldeen Van der Walt (29:45), Melanie Fourie (31:30), Petrus le Roux (31:45), André Willemse (32:25), Henry Carstens (34:26) en Lluwellyn Coetzee (4:59). (Deur Garnett Wicomb)